Spring na inhoud

Broer Chasan Kogoet saam met sy vrou, Jekaterina, ná die uitspraak

10 SEPTEMBER 2020
RUSLAND

Russiese hof vind broer Chasan Kogoet skuldig

Russiese hof vind broer Chasan Kogoet skuldig

Op 10 September 2020 het die Berezofski-stadshof van die Kemerowo-streek broer Chasan Kogoet skuldig bevind. Hy het ’n opgeskorte vonnis van twee en ’n half jaar gekry. Broer Kogoet is bly dat hy nie opgesluit gaan word nie en dat hy by sy vrou en agtjarige seun kan wees.