Spring na inhoud

14 FEBRUARIE 2020
RUSLAND

Russiese hof vind broer en suster Popof skuldig en beboet hulle

Russiese hof vind broer en suster Popof skuldig en beboet hulle

Op 14 Februarie 2020 het die Wiljoetsjinsk-stadshof broer Michail Popof en sy vrou, suster Jelena Popowa, skuldig bevind. Die hof het broer Michail ’n boete van meer as R83 000 en suster Jelena ’n boete van meer as R72 000 gegee, maar het hulle nie tot tronkstraf gevonnis nie. Hulle sal albei hulle vonnis appelleer.

Michail en Jelena is in Julie 2018 gearresteer. Kort daarna is hulle vrygelaat en het hulle vir hulle verhoor gewag.

Vanaf 2019 het Russiese howe 28 Jehovah se Getuies vir hulle geloof skuldig bevind, 10 van hierdie broers en susters in die afgelope twee maande. Maar hulle is nie op die oomblik in die tronk nie.