Spring na inhoud

16 DESEMBER 2020
RUSLAND

Russiese hof vonnis broer Joeri Saweljef tot ses jaar tronkstraf

Russiese hof vonnis broer Joeri Saweljef tot ses jaar tronkstraf

Op 16 Desember 2020 het die Leninski-distrikshof in Nowosibirsk broer Joeri Saweljef tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Ons liewe broer, Joeri, bly getrou, en sy persoonlike studie van Bybelprofesie maak dat hy moedig kan wees.

Joeri het op 9 Desember in sy laaste woorde aan die hof die geleentheid gebruik om moedig te getuig. Hy het vir almal wat daar was, gesê: “’n Profesie waaroor Jesus Christus gepraat het, word nou hier reg voor julle oë vervul. Dit is opgeteken in die Heilige Skrif, die Bybel, in Markus 13:9, waar dit sê: ‘Julle moet wakker en versigtig wees. Mense sal julle aan plaaslike howe oorlewer, en julle sal in sinagoges geslaan word en voor goewerneurs en konings gebring word ter wille van my, as ’n getuienis vir hulle.’”