Spring na inhoud

Broer Sergei Klimof in Mei 2019 in ’n tronksel in ’n hof

11 NOVEMBER 2019
RUSLAND

Russiese hof vonnis broer Klimof tot ses jaar tronkstraf, swaarste straf vanaf die verbod in 2017

Russiese hof vonnis broer Klimof tot ses jaar tronkstraf, swaarste straf vanaf die verbod in 2017

Op 5 November 2019 het die Oktjabrski-distrikshof van Tomsk broer Sergei Klimof tot ses jaar tronkstraf gevonnis. Dennis Christensen is die enigste ander broer in Rusland wat so ’n lang tronkstraf gekry het. Maar die hof het in broer Klimof se saak nog ’n paar beperkings bygevoeg. So broer Klimof se vonnis is die swaarste vonnis wat ’n Getuie gekry het vandat die Hooggeregshof van Rusland die bedrywighede van Jehovah se Getuies in 2017 verbied het.

Broer Klimof is op 3 Junie 2018 gearresteer toe polisiemanne en soldate twee huise van Jehovah se Getuies deursoek het. Sowat 30 broers en susters, insluitende ’n 83-jarige suster, is weggeneem om ondervra te word. Almal behalwe broer Klimof is vrygelaat. Kriminele klagte is teen hom gelê, en ’n hof het beslis dat hy twee maande in aanhouding voor sy verhoor geplaas moet word. Sy aanhouding is sewe keer verleng. Dit beteken dat hy alreeds ’n jaar en vyf maande in aanhouding voor sy verhoor was voordat hy ’n ses jaar tronkstraf gekry het. Gedurende hierdie tyd was hy weg van sy vrou en familie.

Regsgeleerdes van broer Klimof sal sy vonnis appelleer. En op 20 Augustus 2018 is ’n klag Klimov v. Russia by die Europese Hof van Menseregte ingedien oor die aanhouding voor sy verhoor.

Gedurende 2019 is al hoe meer huise deursoek en Getuies gearresteer en in aanhouding geplaas in Rusland. Maar ons broers en susters bly getrou en moedig. Dit moedig ons aan omdat ons duidelik kan sien dat Jehovah ons broers en susters seën omdat hulle ten volle op hom vertrou. – Psalm 56:1-5, 9.