Spring na inhoud

19 JANUARIE 2021
RUSLAND

Russiese hof weier appèl van broer Sergei Ledenjof

Russiese hof weier appèl van broer Sergei Ledenjof

Op 19 Januarie 2021 het die Kamtsjatka-gebiedshof broer Sergei Ledenjof se appèl geweier. Sy oorspronklike opgeskorte tronkvonnis van twee jaar sal nou begin. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Voordat die hof sy uitspraak oor die appèl gelewer het, is Sergei die geleentheid gegee om voor die hof te praat. Hy het moedig sy geloof verdedig en gesê dat hy vasbeslote is om Jehovah te aanbid. Hy het gesê: “My geloof is nie net gebaseer op wat die een of ander organisasie sê nie, maar op wat die Bybel sê. Byvoorbeeld, ‘elke huis word . . . deur iemand gebou, maar die een wat alles gebou het, is God’ en ‘Jehovah is sy naam’ (Hebreërs 3:4; Eksodus 15:3). Geen [kriminele] vonnis kan daardie sinne uit die Bybel uitwis nie, en ook nie uit my hart nie.”