Spring na inhoud

Broer Dennis Christensen in die tronk gedurende ’n besoek van sy prokureur in September 2020

26 OKTOBER 2020
RUSLAND

Russiese hof weier weer dat broer Christensen vroeg vrygelaat word

Russiese hof weier weer dat broer Christensen vroeg vrygelaat word

Op 26 Oktober 2020 het die Lgof-distrikshof weer geweier dat broer Dennis Christensen vroeg vrygelaat word. Hy is al langer as drie jaar in die tronk. Hy het tien dae om te appelleer. Broer Christensen se vonnis is veronderstel om in Mei 2022 te eindig. Hierdie datum sluit die tyd in wat hy in aanhouding was voor sy verhoor. Maar verlede maand het die tronkowerheid besluit dat hy ’n “moedswillige oortreder” van die tronkreëls is. Dit beteken dat die owerheid dalk kan weier om die tyd by sy vonnis in te sluit wat hy in aanhouding was voor sy verhoor. So hy sal dalk tot ná Mei 2022 in die tronk moet bly.

Broer Christensen en sy vrou, Irina, is al deur baie fisiese, verstandelike en emosionele uitdagings vandat hy op 25 Mei 2017 gearresteer is. Maar hulle het nog steeds ’n mate van vreugde, en hulle is vasbeslote om hierdie toets van geloof te verduur. Een van die dinge wat hulle versterk, is die miljoene gebede van ons wêreldwye broederskap.