Spring na inhoud

10 FEBRUARIE 2021
RUSLAND

Russiese owerhede deursoek ten minste 15 huise van Getuies in gebied van Moskou

Russiese owerhede deursoek ten minste 15 huise van Getuies in gebied van Moskou

Vroeg in die oggendure van 10 Februarie 2021 het die Russiese owerhede ten minste 15 huise van ons broers en susters in Moskou en omliggende gebiede deursoek. Die plaaslike en nasionale polisie saam met offisiere van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) het hieraan deelgeneem. Die offisiere het ’n hele paar broers weggeneem om hulle te ondervra. Ten minste drie broers is nog in aanhouding.

Ons hou aan bid vir ons broers en susters in Rusland, en ons weet dat Jehovah hulle gedurende hierdie vervolging sal versterk. – 1 Petrus 5:10.