Spring na inhoud

Die Kaloega-streekhof in Rusland

16 OKTOBER 2019
RUSLAND

Russiese regter het nie regsprosedure gevolg in saak teen broer Koezin, sê appèlhof

Russiese regter het nie regsprosedure gevolg in saak teen broer Koezin, sê appèlhof

Op 9 September 2019 het regter Swetlana Anatoljefna Prokofjewa van die appèlhof in die Kaloega-streek beslis dat die Kaloega-distrikshof ’n ernstige fout in prosedure gemaak het toe dit die aanhouding van broer Dmitri Koezin verleng het voor sy verhoor.

Die uitspraak van regter Prokofjewa is belangrik omdat regters selde erken dat Jehovah se Getuies onregverdig behandel word in die howe in Rusland. Die regter het gesê dat die distrikshof ’n hele paar regsprosedures geskend het. Broer Koezin is deur die hof oor sy geloofsoortuigings gespot en het nie die kans gekry om homself te verdedig nie. Regter Prokofjewa het ook in haar uitspraak gesê dat “dit onmoontlik is om te sê of die regter [in die distrikshof] onpartydig was”.

Broer Dmitri Koezin en sy vrou, Swetlana, op hulle troudag in 2013

Broer Koezin is op 26 Junie 2019 gearresteer toe agente van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) van Kaloega sy woonstel deursoek het. Twee dae later het die Kaloega-distrikshof beslis dat broer Koezin twee maande in aanhouding moet bly voor sy verhoor. Op 19 Augustus het die stad se FSB-ondersoeker dieselfde hof gevra dat broer Koezin se aanhouding met twee maande verleng moes word. Die hof het hierdie aansoek toegestaan.

Broer Koezin het by ’n hoër streekhof geappelleer waar Swetlana Prokofjewa die regter was. Omdat sy beslis het dat die regter in die laer hof nie die regsprosedures gevolg het nie, het sy broer Koezin se saak terug na die laer hof verwys sodat dit deur ’n ander regter hanteer kan word. Maar op 23 September het die laer hof met ’n nuwe regter ongelukkig weer beslis dat broer Koezin se aanhouding met twee maande verleng moet word.

Ons is oortuig dat Jehovah, die God van getrouheid en geregtigheid, sal aanhou om lojaal te sorg vir ons broers en susters in Rusland wat op hom vertrou. – Deuteronomium 32:4, 9-11.