Spring na inhoud

Broer Aleksandr Kalistratof

20 FEBRUARIE 2023
RUSLAND

‘So lank as wat Jehovah by my is, sal ek altyd veilig voel’

‘So lank as wat Jehovah by my is, sal ek altyd veilig voel’

Op 17 Februarie 2023 het die Gorno-Altaiski-stadshof van die Republiek Altai broer Aleksandr Kalistratof skuldig bevind en hom ’n opgeskorte vonnis van ses en ’n half jaar gegee. Hy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Ons is vas oortuig dat Jehovah die stemme van sy lojale knegte sal aanhou hoor wanneer hulle hom in angstige tye aanroep. – 2 Samuel 22:7.

Tydlyn

  1. 2000

    Gearresteer omdat hy geweier het om militêre diens te doen. Is 21 dae in aanhouding voor sy verhoor geplaas. Was later vrygespreek

  2. 2010

    Aangekla van ekstremisme. Die saak was twee keer aangehoor en uiteindelik na die Hooggeregshof van die Republiek Altai gestuur, waar hy vrygespreek is van alle aanklagtes

  3. 16 Desember 2021

    Kriminele saak is gemaak

  4. 16 Januarie 2022

    Polisiemanne deursoek vyf huise van Jehovah se Getuies in die Republiek Altai. FSB-beamptes het met geweld broer Kalistratof se huis ingegaan en Aleksandr vir ondervraging aangehou. Hy was later daardie aand vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas

  5. 25 Augustus 2022

    Kriminele verhoor begin