Spring na inhoud

Suster Galina Parkowa

25 JANUARIE 2021
RUSLAND

Suster Galina Parkowa wag vir hof se uitspraak terwyl haar man in die tronk is

Suster Galina Parkowa wag vir hof se uitspraak terwyl haar man in die tronk is

Datum van uitspraak

Daar word verwag dat die Leninski-distrikshof in Rostof-on-Don binnekort sy uitspraak sal gee in die saak teen suster Galina Parkowa. a As sy skuldig bevind word, het die aanklaer gevra dat die hof haar ’n opgeskorte vonnis van drie jaar gee.

Profiel

Galina Parkowa

  • Gebore: 1970 (Kaltan)

  • Agtergrond: In 1990 het Galina met Aleksandr getrou. Hulle het drie dogters en twee kleinkinders. Hulle het die Bybel saam met Jehovah se Getuies gestudeer. Sy is in 1995 gedoop. Sy hou daarvan om te sing en te teken

Geskiedenis van saak

Op 6 Junie 2019 het die owerhede ’n kriminele saak teen Galina gemaak. Haar man, Aleksandr, was net weke vroeër gearresteer en in aanhouding gesit voor sy verhoor.

Omdat haar man in aanhouding is, was dit moeilik vir haar om haarself finansieel te onderhou. Die owerhede het ook gemaak dat Galina nie toegang tot haar bankrekening het nie, insluitende haar salaris. Daarom moes sy haar vorige werk los, en sy doen nou los werkies om ’n bestaan te maak.

Ons broers en susters in Rusland “is regverdige mense wat behandel word asof hulle goddeloos opgetree het” (Prediker 8:14). Maar hulle voorbeeld van geloof versterk ons om aan te hou om standvastig te bly, maak nie saak watter beproewinge ons deurgaan nie.

a Die datum van die uitspraak word nie altyd voor die tyd beskikbaar gemaak nie.