Spring na inhoud

Suster Jelena Barmakina saam met haar man, Dmitri

28 SEPTEMBER 2020
RUSLAND

Suster Jelena Barmakina sal dalk as ’n misdadiger gevonnis word omdat sy bid en haar Bybel lees

Suster Jelena Barmakina sal dalk as ’n misdadiger gevonnis word omdat sy bid en haar Bybel lees

Datum van uitspraak

Op 29 September 2020 a word daar verwag dat die Perworetjenski-distrikshof van Wladiwostok sy uitspraak sal gee in die saak van suster Jelena Barmakina. Sy sal dalk ’n opgeskorte vonnis van drie jaar kry. Terwyl suster Barmakina vir die uitspraak wag, gaan die verhore voort in ’n ander saak teen haar man, Dmitri.

Profiel

Jelena Barmakina

  • Gebore: 1967 (Tsjerepanowo, Nowosibirsk-streek)

  • Agtergrond: Is die hoofversorger van haar bejaarde ouers en ouma. Hou baie van fotografie en het ’n professionele fotograaf geword. Geniet dit om te swem en om op staproetes te gaan

  • Toe sy die Bybel met Jehovah se Getuies begin studeer het, het sy oortuig geword dat profesieë wat al vervul is, ’n bewys is van God se krag. Haar geloof het sterker geword toe sy sien hoe Jehovah haar gebede beantwoord. Het in 2006 met haar man, Dmitri, getrou

Geskiedenis van saak

Om 7:00 op 28 Julie 2018 het ’n groep gewapende en gemaskerde polisiemanne by die woonstel van suster Jelena Barmakina se ouma, wat 90 jaar oud is, ingestorm. Suster Barmakina en haar man, Dmitri, het daar gebly om haar ouma te versorg. Broer Barmakina was gearresteer en in aanhouding voor sy verhoor geplaas. Die polisie het suster Barmakina gedreig en vir haar gesê: “Jy is volgende!”

’n Jaar later het die owerheid suster Barmakina verhoed om geld uit haar bankrekening te trek. Op 6 Augustus 2019 het ’n plaaslike speurder ’n kriminele saak teen suster Barmakina gemaak omdat sy bid, die Bybel lees en na Bybeltoesprake kyk. Haar regsgeleerde het die hof gevra om die saak terug te trek omdat haar sogenaamde misdade niks meer as gewone dade van aanbidding is nie. Maar die regter het saam met die aanklaer se bewering gestem dat suster Barmakina se dade “ekstremistiese bedrywighede” is wat deur die Russiese wet verbied word.

Suster Barmakina is emosioneel en fisies getraumatiseer as gevolg van hierdie kriminele ondersoeke. Sy was vir 447 dae weg van haar man terwyl hy in aanhouding was voor sy verhoor. Dit is ook baie moeilik vir suster Barmakina om werk te kry omdat sy beskikbaar moet wees as sy ingeroep word vir ’n verhoor of om ondervra te word.

Uit ons studie van die Bybel is ons nie verbaas dat die Russiese regering ons broers en susters “hard gestamp” het in ’n poging om hulle lojaliteit te breek nie. Maar ons word vertroos omdat ons weet dat Jehovah sal aanhou om hulle ‘skuiling en krag’ te wees. – Psalm 118:13, 14.

a Kan heel moontlik verander