6 MAART 2024
RUSLAND
Suster Jelena Kozjewnikowa kry ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar
Op 4 Maart 2024 het die Tsentralni-distrikshof van Toljatti in die Samara-streek suster Jelena Kozjewnikowa skuldig bevind. Sy het ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gekry. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.
Profiel
Ons is dankbaar om te weet dat Jehovah ons gebede beantwoord “deur die krag van sy gees” aan Jelena en al ons broers en susters te voorsien terwyl hulle vervolging verduur. – Efesiërs 3:16.
Tydlyn
15 Mei 2023
Kriminele saak word gemaak
16 Mei 2023
Huis word deursoek
18 Mei 2023
Word onder reisbeperkings geplaas
16 Augustus 2023
Kriminele verhoor begin
4 Maart 2024
Word skuldig bevind en ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar gegee
a Suster Jelena Kozjewnikowa het haar kommentare voorsien voordat sy gevonnis is.