Spring na inhoud

Suster Jelena Reino-Tsjernisjowa

28 JANUARIE 2021
RUSLAND

Suster Jelena Reino-Tsjernisjowa kan skuldig bevind word as gevolg van haar geloof

Suster Jelena Reino-Tsjernisjowa kan skuldig bevind word as gevolg van haar geloof

Datum van uitspraak

Daar word verwag dat die Birobidzjan-distrikshof van die Joodse selfregerende streek op 29 Januarie 2021 a sy uitspraak sal gee in die saak teen suster Jelena Reino-Tsjernisjowa. Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie.

Profiel

Jelena Reino-Tsjernisjowa

  • Gebore: 1968 (Maloi, Irkoetsk-streek)

  • Agtergrond: Het die Bybel saam met Jehovah se Getuies in die 1990’s gestudeer. Dit het haar beweeg om die weermag te verlaat en om aan haar huwelik te werk. Is in 1998 gedoop

  • Haar man is nie een van Jehovah se Getuies nie, maar hy ondersteun haar keuse om Jehovah te dien. Sy hou daarvan om sokker en vlugbal te speel

Geskiedenis van saak

Op 29 September 2019 het die owerhede in Birobidzjan ’n kriminele saak teen suster Jelena Reino-Tsjernisjowa gemaak.

Intimiderende offisiere van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) het Jelena se huis deursoek. Sy sê dat Jehovah haar gehelp het om kalm te bly. Sy verduidelik: “Ek het die heeltyd tot Jehovah gebid dat ek kalm en moedig moet wees, dat ek my op ’n waardige manier moet gedra en dat ek getrou aan hom moet bly. Almal was kalm en beleef terwyl my huis deursoek is.”

Die hofsaak het baie probleme vir Jelena en haar gesin veroorsaak. Haar man het in Julie 2020 ’n hartaanval (sy derde) gehad. Die owerhede het Jelena verbied om Birobidzjan te verlaat. Hulle het ook haar bankrekeninge gevries.

Jelena word versterk wanneer sy nadink oor hoe ander aanbidders van Jehovah vervolging verduur het. Sy verduidelik: “Ek hou daarvan om te lees oor broers en susters wie se huise deursoek is en wat vervolg is as gevolg van hulle geloof in Jehovah. Hulle het soveel probleme en mishandeling ondervind, maar hulle het dit moedig verduur.” Dit help haar ook om gereeld die Bybel te lees en daaroor na te dink.

Dit help Jelena om te volhard wanneer sy oor Jesaja 30:15 nadink. Dit sê gedeeltelik: “Julle krag sal daarin lê dat julle kalm bly en vertroue het.” Sy vertel: “Ek dink altyd aan hierdie vers. Ek is baie dankbaar teenoor Jehovah omdat hy my na hom toe getrek het! . . . Ek het altyd vrede in my hart. My vertroue in [Jehovah] het selfs meer geword. Ek vertrou heeltemal op hom. Ek is seker dat hy my nooit sal verlaat nie.”

a Kan heel moontlik verander.