Spring na inhoud

Suster Natalija Kriger saam met haar man, Waleri

25 FEBRUARIE 2021
RUSLAND

Suster Natalija Kriger kan skuldig bevind word in verband met “Oordeelsdag”-klopjagte

Suster Natalija Kriger kan skuldig bevind word in verband met “Oordeelsdag”-klopjagte

JONGSTE NUUS | Russiese hof weier appèl

Op 25 November 2021 het die Hof van die Joodse selfregerende streek suster Natalija Kriger se appèl geweier. Haar oorspronklike vonnis sal nog geld. Sy hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Op 30 Julie 2021 het die Birobidzjan-distrikshof van die Joodse selfregerende streek suster Kriger skuldig bevind. Die hof het haar ’n opgeskorte vonnis van twee en ’n half jaar gegee.

Profiel

Natalija Kriger

  • Gebore: 1978 (Chabarowsk)

  • Agtergrond: Natalija se ma het gesterf toe sy nog klein was. Het in ’n weeshuis gebly. Toe sy ses jaar oud was, het sy 400 kilometer na Amoerzet, Rusland, getrek. Het daar by haar ouma, tannie en niggie gebly, wat Jehovah se Getuies was. Het as ’n maatskaplike werkster na die bejaardes omgesien

  • Is in 1999 as een van Jehovah se Getuies gedoop. Het in 2017 met haar man, Waleri, getrou. Hulle geniet dit om te dans, te roei en te stap

Geskiedenis van saak

Die Russiese owerhede het die Kriger se huis in Mei 2018 deursoek. Dit was deel van ’n klopjag wat die owerhede “Oordeelsdag” genoem het. Daarna het die plaaslike aanklaer ’n kriminele saak teen Waleri gemaak. Op 6 Februarie 2020 het die owerhede ’n kriminele saak teen Natalija gemaak. Sy was een van ses susters wat daardie dag aangekla was.

Behalwe dat Natalija krimineel vervolg word, treur sy ook oor die dood van haar ouma, wat in Februarie 2020 gesterf het. Sy het ses jaar lank na haar ouma gekyk.

Natalija se sterk verhouding met Jehovah help haar om hierdie moeilike tye te verduur. Sy verduidelik: “Om vir ander te bid, help my om nie op my eie probleme te fokus nie. Hierdie beproewing het my nader aan Jehovah gebring en hom selfs werkliker vir my gemaak. Ek sien dat hy my gebede beantwoord en my ondersteun.”

Natalija dink dikwels na oor die baie redes wat haar oortuig dat Jehovah haar altyd sal ondersteun. Sy sê: “Die vers in Psalm 94:19 versterk my regtig waar dit sê: ‘U [het] my vertroos en gekalmeer.’ Daar is baie eertydse en moderne voorbeelde wat wys dat God se moedige knegte gedurende moeilike tye volhard het. Om na te dink oor hierdie voorbeelde maak my nog sterker.”