3 SEPTEMBER 2020
RUSLAND
Twee broers en twee susters word skuldig bevind vir hulle geloof
Uitspraak
Op 3 September 2020 het die Nowozibkof-hof in die Briansk-streek broer Wladimir Chochlof, suster Tatjana Sjamsjewa, suster Olga Silaewa en broer Edoeard Zjinzjikof skuldig bevind. Hulle is tot tussen 12 en 15 maande tronkstraf gevonnis. Maar omdat hulle reeds hierdie tyd in aanhouding voor hulle verhoor uitgedien het, is hulle vrygelaat.
Profiel
Wladimir Chochlof
Gebore: 1977 (Nowozibkof, Briansk-streek)
Agtergrond: Werk as ’n motorwerktuigkundige. Het in die weermag gedien voordat hy een van Jehovah se Getuies geword het. Hou van sokker, sowel as om te lees, vis te vang en kitaar te speel
’n Vriend het hom aangemoedig om die Bybel te studeer. Het met Olga in 2007 getrou. Hulle het ’n dogter, Anastasia. Die gesin dien Jehovah saam
Tatjana Sjamsjewa
Gebore: 1977 (Tsjerepowets, Wologda-streek)
Agtergrond: ’n Ekonoom. Gee jare lank klas in ekonomie, die reg en rekeningkunde. Gedoop in 1995. Help ander graag om die wyse raad in die Bybel te leer ken
Olga Silaewa
Gebore: 1988 (Dawidowo, Moskou-streek)
Agtergrond: Jongste van drie kinders. Gegradueer aan tegniese skool met ’n graad in termiese ingenieurswese. Hou van naaldwerk. Geniet dit om te lees en vlugbal te speel. Het waardering vir die Bybel opgebou as gevolg van haar ma se voorbeeld
Edoeard Zjinzjikof
Gebore: 1971 (Zadnja, Briansk-streek)
Agtergrond: Het as ’n sweiser en opsigter gewerk, ook vir die polisie. Was ’n lid van ’n musiekgroep. Het in 1993 met Tatjana, wat deel van die musiekgroep was, getrou. Hou daarvan om gedigte te skryf en speel die kitaar
In die laat 1990’s het hy die Bybel begin studeer en antwoorde op baie van sy vrae gekry. Hierdie antwoorde het veroorsaak dat hy sy slegte gewoontes verander en dat hy sy gesinslewe verbeter. Dit het Tatjana beïndruk. Sy het toe ook ’n Getuie geword
Geskiedenis van saak
Op 11 Junie 2019 het die polisie 22 huise van Getuies in die Briansk-streek in Rusland deursoek. Suster Tatjana Sjamsjewa en Olga Silaewa is gearresteer. Hulle was elkeen 245 dae in aanhouding voor hulle verhoor. Hulle is in Mei 2020 vrygelaat en kon na hulle huise teruggaan voor hulle verhoor.
Op 16 Oktober 2019 het die owerheid ’n kriminele saak teen broer Wladimir Chochlof en Edoeard Zjinzjikof gemaak. Hulle saak is later gekombineer met die saak van suster Sjamsjewa en suster Silaewa. Sewe dae later is die broers in aanhouding geplaas voor hulle verhoor, waar hulle nog steeds is.
Daar is ’n onderhoud met die susters gevoer in die Jongste nuus van die Bestuursliggaam vir 2020 – Nr. 5. Suster Silaewa het gesê dat die agt maande wat sy in aanhouding was voor haar verhoor haar verder oortuig het dat “dit nie saak maak hoe moeilik die probleme is nie, Jehovah sal altyd genoeg heilige gees gee sodat ’n mens enige probleem kan oorkom”. Suster Sjamsjewa het met vertroue gesê: “Jehovah is altyd naby aan ons, en hy sal ons altyd ondersteun, versterk en help.”
Ons vertrou dat Jehovah al ons broers en susters in Rusland wat dalk tronk toe kan gaan of wat reeds in aanhouding is, sal bly help om hierdie moeilike tye met vreugde en vrede te verduur. – 1 Korintiërs 10:13.