Spring na inhoud

Boonste ry, van links na regs: Broer Aleksandr Ketof; broer Andrei Charlamof en sy vrou, Larisa; broer Aleksandr Kroegljakof

Onderste ry, van links na regs: Suster Lidija Nekrasowa; broer Sergei Oesjachin

10 AUGUSTUS 2023
RUSLAND

Vasbeslote om vreugdevol te bly ten spyte van vervolging

Vasbeslote om vreugdevol te bly ten spyte van vervolging

Die Siktifkarski-stadshof van die Republiek van Komi sal binnekort sy uitspraak gee teen broer Aleksandr Ketof, Andrei Charlamof, Aleksandr Kroegljakof, suster Lidija Nekrasowa en broer Sergei Oesjachin. Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie.

Profiel

Soos hierdie ondervindinge wys, “versterk” Jehovah ons broers en susters wat gedurende moeilike tye volhard en help hy hulle om getrou te bly. – Jesaja 40:29.

Tydlyn

  1. 2 Maart 2021

    Huise van ten minste 14 gesinne van Jehovah se Getuies word in Siktifkar deursoek. Aleksandr Ketof, Andrei Charlamof en Aleksandr Kroegljakof word in tydelike aanhouding geplaas. Lidija Nekrasowa en Sergei Oesjachin word onder reisbeperkings geplaas

  2. 3 Maart 2021

    Aleksandr Ketof en Andrei Charlamof word uit tydelike aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas. Aleksandr Kroegljakof word in aanhouding voor sy verhoor geplaas

  3. 27 April 2021

    Andrei Charlamof word uit huisarres vrygelaat

  4. 28 April 2021

    Aleksandr Ketof word uit huisarres vrygelaat, en Aleksandr Kroegljakof word uit aanhouding voor sy verhoor vrygelaat

  5. 19 April 2022

    Kriminele verhoor begin

  6. 9 Junie 2022

    Regter het gesê dat daar nie genoeg bewyse van ekstremisme is nie en verwys die saak terug na die aanklaer

  7. 14 Februarie 2023

    Kriminele verhoor begin weer met ’n nuwe regter