13 JANUARIE 2022
RUSLAND
Vertroue in Jehovah help broer Jewstigneef om getrou te bly
Tydlyn
Die Leninski-distrikshof van die stad Nizjni Nowgorod sal binnekort hulle uitspraak bekend maak in die saak teen broer Kirill Jewstigneef. Die aanklaer het nog nie gesê wat broer Jewstigneef se vonnis gaan wees nie
8 Oktober 2021
Die verhoor het begin. In sy kommentaar aan die regter het Kirill verduidelik dat die samekoms ’n sosiale gebeurtenis was, en nie ’n godsdiensvergadering nie
24 Augustus 2021
Reisbeperkings is op Kirill geplaas
2 September 2020
Kriminele saak teen Kirill gemaak dat hy “ekstremistiese aktiwiteite geldelik ondersteun” omdat hy ’n konferensiesaal gehuur het
11 Julie 2019
Die owerhede fokus op Kirill omdat hy die kontrak vir die konferensiesaal geteken het; sy huis is deursoek
4 Junie 2019
As gevolg van die samekoms is daar met ’n kriminele ondersoek teen “ongeïdentifiseerde persone” begin
April 2019
Kirill en ’n paar van Jehovah se Getuies in Nizjni Nowgorod het ’n konferensiesaal vir ’n sosiale samekoms gehuur
Profiel
Wanneer ons hoor van die moed wat Kirill en sy vrou wys, asook al ons getroue broers en susters wat in Rusland en die Krim vervolg word, gee dit ons net al hoe meer vertroue. – Filippense 1:13, 14.