Spring na inhoud

Boonste ry, van links na regs: Broer Jefgeni Godoenof en Goerami Labadze

Onderste ry, van links na regs: Suster Joelija Popkowa en Anzjela Poetifskaja

21 NOVEMBER 2023
RUSLAND

Vier Getuies kry opgeskorte vonnisse in Toela, Rusland

Vier Getuies kry opgeskorte vonnisse in Toela, Rusland

Op 20 November 2023 het die Proletarski-distrikshof van Toela broer Jefgeni Godoenof en Goerami Labadze en suster Joelija Popkowa en Anzjela Poetifskaja skuldig bevind. Jefgeni en Goerami het elkeen ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar en ses maande ontvang. Joelija en Anzjela het elkeen ’n opgeskorte tronkvonnis van twee jaar en ses maande ontvang. Hulle hoef nie op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Die voorbeelde van hierdie broers en susters oortuig ons dat ons ook vertroosting en hoop kan vind as ons op Jehovah vertrou en die voorbeelde van geloof wat in die Bybel is, navolg. – Romeine 15:4.

Tydlyn

  1. 25 Maart 2021

    Kriminele saak word gemaak

  2. 13 April 2021

    Huise word deursoek. Anzjela en Joelija word in aanhouding geplaas

  3. 14 April 2021

    Anzjela en Joelija word voor hulle verhoor na ’n detensiesentrum gestuur. Jefgeni word aangehou en aangekla. Goerami word onder huisarres geplaas

  4. 16 April 2021

    Jefgeni word voor sy verhoor na ’n detensiesentrum gestuur

  5. 20 Mei 2021

    Anzjela, Jefgeni en Joelija word voor hulle verhoor uit aanhouding vrygelaat en onder huisarres geplaas

  6. 22 Julie 2021

    Anzjela, Jefgeni en Joelija word uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas

  7. 23 Julie 2021

    Goerami word uit huisarres vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas

  8. 11 Mei 2023

    Kriminele verhoor begin

  9. 20 November 2023

    Word skuldig bevind en opgeskorte tronkvonnisse gegee