Spring na inhoud

30 NOVEMBER 2020
RUSLAND

Vier van Jehovah se Getuies word deur Russiese hof skuldig bevind, een is tronk toe gestuur

Vier van Jehovah se Getuies word deur Russiese hof skuldig bevind, een is tronk toe gestuur

Op 30 November 2020 het die Perwomaiski-distrikshof van die stad Omsk broer Sergei Poljakof en sy vrou, Anastasia, sowel as suster Gaukhar Bektemirova en suster Dinara Dyusekeyeva skuldig bevind.

Broer Poljakof het ’n tronkvonnis van drie jaar gekry en is tronk toe geneem. Die drie susters het opgeskorte tronkvonnisse gekry wat wissel tussen twee tot twee en ’n half jaar en sal huis toe gaan. Gedurende sy laaste woorde aan die hof het broer Poljakof sonder om te huiwer, verduidelik: “Jesus het voorspel dat sy volgelinge as gevolg van hom voor heersers en konings gebring sou word om ’n getuienis te gee. Uit die Bybel se oogpunt vervul hierdie hofsaak profesie. Dié wat nie weet van God se gesag nie, kry nou die kans om daarvan te hoor en kan besluit of hulle dit wil aanvaar of nie.” – Matteus 10:18.