22 MEI 2023
RUSLAND
‘Vrees is ’n reaksie, maar moed is ’n keuse’
Op 24 Maart 2023 het die Zjeleznodorozjni-distrikshof van Krasnojarsk sy uitspraak gegee in die saak teen suster Natalija Woropaewa. Sy is ’n boete van 360 000 roebel (amper R83 000) gegee.
Profiel
Soos Natalija is ons ook vasbeslote om “goeie moed [te] hou en [te] sê: ‘Jehovah is my helper. Ek sal nie bang wees nie.’” – Hebreërs 13:6.
Tydlyn
November 2017 – November 2020
Word dopgehou en woonstel word deursoek. Word ondervra as deel van die ondersoek teen broer Andrei Stoepnikof
5 September 2022
Kriminele saak word gemaak
6 September 2022
Word onder reisbeperkings geplaas
20 Oktober 2022
Word krimineel aangekla
27 Februarie 2023
Kriminele verhoor begin
24 Maart 2023
Kry ’n boete van 360 000 roebel (amper R83 000)