Spring na inhoud

Boonste ry (links na regs): Broer Wjatsjeslaf Iwanof en Aleksandr Kozlitin

Onderste ry (links na regs): Broer Sergei Koelakof, suster Tatjana Koelakowa en broer Jefgeni Jelin

2 NOVEMBER 2021
RUSLAND

Vyf Getuies wat in Sachalin krimineel vervolg word, vertrou op Jehovah vir ondersteuning

Vyf Getuies wat in Sachalin krimineel vervolg word, vertrou op Jehovah vir ondersteuning

Tydlyn

  1. Die Newelski-stadshof van die Sachalin-streek sal binnekort sy uitspraak gee in die saak oor broer Wjatsjeslaf Iwanof, Aleksandr Kozlitin, Sergei Koelakof, suster Tatjana Koelakowa en broer Jefgeni Jelin. a Die aanklaer het nog nie ’n spesifieke vonnis aangevra nie

  2. Julie 2020

    Daar is reisbeperkings op Wjatsjeslaf, Aleksandr, Sergei en Tatjana geplaas

  3. 2 April 2020

    Daar is reisbeperkings op Jefgeni geplaas

  4. 20 Januarie 2019

    Offisiere van die Federale Veiligheidsdiens (FSB), Rusland se geheime polisie, deursoek ten minste 11 huise van persone wat daarvan verdink word dat hulle Getuies van Jehovah is. Die offisiere was aggresief en het die minderjarige kinders van die gesinne ondervra. Dit het gebeur kort nadat Vladimir Putin, die president van Rusland, belowe het om die vervolging van Jehovah se Getuies te ondersoek

Profiele

Ons weet dat Jehovah sal aanhou om vir ons dierbare broers en susters te sorg wat saamstem met die woorde van die profeet Jesaja: “God is my redding. Ek sal op hom vertrou en nie bang wees nie.” – Jesaja 12:2.

a Die datum van die uitspraak word nie altyd voor die tyd beskikbaar gemaak nie.