Spring na inhoud

Boonste ry, van links na regs: Broer Aleksei Bogatof, Jefgeni Fomasjin en Wladimir Mawrin

Onderste ry, van links na regs: Broer Andrei Moeritsj en Sergei Tjoerin

29 NOVEMBER 2023
RUSLAND

Vyf broers deur Russiese hof in Saratof-streek skuldig bevind

Vyf broers deur Russiese hof in Saratof-streek skuldig bevind

Op 23 November 2023 het die Balakofski-distrikshof van die Saratof-streek sy uitspraak gegee in die saak teen broer Aleksei Bogatof, Jefgeni Fomasjin, Wladimir Mawrin, Andrei Moeritsj en Sergei Tjoerin. Al vyf broers is skuldig bevind. Aleksei en Wladimir het elkeen ’n opgeskorte tronkvonnis van ses jaar gekry. Andrei, Sergei en Jefgeni het elkeen ’n boete van 300 000 roebel (meer as R63 000) gekry. Nie een van die broers hoef op hierdie stadium tronk toe te gaan nie.

Profiel

Die voorbeelde van hierdie vyf getroue broers herinner ons dat ons moeilike tye vir die goeie nuus kan verduur as ons op God se krag vertrou. – 2 Timoteus 1:8.

Tydlyn

  1. 11 Februarie 2022

    Kriminele saak word gemaak

  2. 23 Maart 2022

    FSB-beamptes deursoek die huise van al vyf broers. Elkeen is ondervra en na ’n tydelike detensiesentrum gestuur

  3. 25 Maart 2022

    Broers word voor hulle verhoor in ’n detensiesentrum geplaas

  4. 23 Januarie 2023

    Broers word uit aanhouding vrygelaat en onder reisbeperkings geplaas

  5. 21 Julie 2023

    Kriminele verhoor begin

  6. 23 November 2023

    Word skuldig bevind