Spring na inhoud

22 FEBRUARIE 2016
RUSLAND

Russiese aanklaer dien ’n aansoek in om die Bybel as ekstremisties te verklaar

Russiese aanklaer dien ’n aansoek in om die Bybel as ekstremisties te verklaar

In nog ’n poging om godsdiensvryheid te beperk, het Russiese owerhede ’n aansoek ingedien om die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif as ekstremisties te verklaar. Verhore sal op 15 Maart 2016 begin. Russiese doeanebeamptes het verlede jaar tot uiterstes gegaan toe hulle geweier het dat hierdie Bybels ingevoer word. Dit is ’n oneerbiedige aanval op ’n heilige Christelike teks.

Russiese wetgewing verbied dit om die Bybel as ekstremisties te verklaar. Maar die aanklaer van vervoer vir Leningrad-Finljandskiy regverdig sy aansoek deur die opinie te vermeld van iemand wat nie in taalkunde gekwalifiseerd is nie. As die aanklaer suksesvol is in die hof, kan die verspreiding van die Nuwe Wêreld-vertaling in Rusland verbied word.