Spring na inhoud

14 JULIE 2016
RUSLAND

Hof sal saak aanhoor waarin Getuies appèl aanteken teen die dreigement om hulle hoofkantoor in Rusland toe te maak

Hof sal saak aanhoor waarin Getuies appèl aanteken teen die dreigement om hulle hoofkantoor in Rusland toe te maak

Die Getuies het appèl aangeteken teen die hoofaanklaer se waarskuwingsbrief om hulle nasionale kantoor te likwideer. Die streekhof in Twer het die appèl aanvaar en dit sal die saak op 18 Julie 2016 aanhoor om te beslis of die waarskuwing wettig is of nie.

Afgevaardigdes van die Streeksvergadering in Arkhangelsk het in ’n aparte saak teen Jehovah se Getuies in Rusland, ’n klagte ingedien by Aleksandr Konowalof, die Minister van Justisie. Die klagte dring daarop aan dat die federale regering wetgewing aanneem wat ’n verbod plaas op die godsdiensbedrywighede van die Getuies en al hulle regsentiteite regoor die land.