Spring na inhoud

14 OKTOBER 2016
RUSLAND

Russiese hof verwerp die Getuies se appèl teen waarskuwing

Russiese hof verwerp die Getuies se appèl teen waarskuwing

Op 12 Oktober 2016 het die Twerskoi-distrikshof van Moskou die Getuies se appèl verwerp. Die Getuies appelleer die wetlikheid van die hoofaanklaer se waarskuwing aan die Administratiewe Sentrum in St. Petersburg. Die waarskuwing, wat op 2 Maart 2016 gegee is, beweer dat party plaaslike godsdiensorganisasies van Jehovah se Getuies betrokke was by “ekstremistiese bedrywighede” en nie die Administratiewe Sentrum self nie. Maar omdat die Administratiewe Sentrum verantwoordelik is vir die bedrywighede van Jehovah se Getuies in Rusland, moet dit aanspreeklik gehou word. Die aanklag van beweerde “ekstremistiese bedrywighede” is gegrond op vervalste bewyse en valse verklarings wat deur die plaaslike owerheid opgemaak is. Die regter het geweier dat die beskuldigdes getuies inbring wat by die verhoor kon getuig. Die Getuies is ook nie toegelaat om video-opnames te gebruik wat bewys dat daar meer as een voorval was waar sogenaamde ekstremistiese lektuur in Jehovah se Getuies se plekke van aanbidding versteek is nie.

Die Getuies sal hierdie besluit by die Stadshof van Moskou appelleer. As hierdie hof teen hulle beslis, sal die hoofaanklaer se waarskuwing van krag wees. Dit sal die godsdiensvryheid van Jehovah se Getuies regdeur Rusland moontlik in gevaar stel. As gevolg van hierdie negatiewe beslissing en nog vervalste bewyse dat plaaslike gemeentes van Jehovah se Getuies betrokke is by “ekstremistiese bedrywighede”, kan die hoofaanklaer regstappe neem om die Administratiewe Sentrum te ontbind.