Spring na inhoud

19 DESEMBER 2016
RUSLAND

Jehovah se Getuies soek geregtigheid in appèlsaak teen waarskuwing

Jehovah se Getuies soek geregtigheid in appèlsaak teen waarskuwing

Die Stadshof van Moskou het ’n datum vasgestel vir die appèlsaak waarin Jehovah se Getuies in Rusland die wetlikheid sal bevraagteken van die waarskuwing wat aan hulle Administratiewe Sentrum uitgereik is. Die saak sal op 16 Januarie 2017 om 11:10 (Moskouse standaardtyd) voorkom en ’n uitspraak sal waarskynlik op dieselfde dag gelewer word.

Die Getuies probeer bewys dat die aanklag van “ekstremistiese bedrywigheid” op valse getuienis en verklarings gebaseer is wat deur die plaaslike owerheid opgemaak is om ware aanbidding soos ’n misdaad te laat lyk. In die verhoor op 12 Oktober 2016 het regter M. S. Moskalenko van die Twerskoi-distrikshof van Moskou nie video-opnames of getuienis toegelaat wat wys dat party beamptes onwettig opgetree het nie.

James Andrik, ’n regsgeleerde op die gebied van internasionale menseregte, het gesê dat hierdie uitspraak belangrik kan wees. As die Getuies die appèlsaak verloor, sal die hoofaanklaer se kantoor sy dreigement teen die Administratiewe Sentrum kan uitvoer. Dit sal die Administratiewe Sentrum kan ontbind en die godsdiensgemeenskappe van Jehovah se Getuies verder vervolg deur hulle aanbidding oral in Rusland te beperk. Aan die anderkant, as die Getuies die appèlsaak wen, sal dit ’n deurbraak wees vir geregtigheid.