Spring na inhoud

4 OKTOBER 2017
RUSLAND

Appèlhof beslis dat Dennis Christensen tot sy verhoor in aanhouding moet bly

Appèlhof beslis dat Dennis Christensen tot sy verhoor in aanhouding moet bly

Op 28 September 2017 het die streekhof in Oriol ná ’n drie uur lange verhoor die appèlaansoek verwerp om Dennis Christensen vry te laat. Hy is ’n Deense burger wat een van Jehovah se Getuies is en sal in aanhouding bly totdat sy verhoor op 23 November 2017 begin.

Gedurende mnr. Christensen se verhoor in Julie het ’n laer hof onregverdig beslis dat hy tot November in aanhouding moet bly. Die rede hiervoor was blykbaar om die aanklaer meer tyd te gee om “bewyse” bymekaar te maak sodat ’n saak van ekstremisme teen hom gemaak kan word. Mnr. Christensen se regsverteenwoordigers het ’n aansoek by die Europese Hof van Menseregte (EHMR) ingedien. Die EHMR het op 4 September 2017 begin om hierdie saak te ondersoek deur ’n lys vrae aan Rusland te stuur in verband met die skending van mnr. Christensen se regte.

Mnr. Christensen se saak kry internasionale aandag omdat dit een van die eerste sake sedert die Sowjet-era is dat Rusland ’n Getuie opsluit net omdat hy sy geloof beoefen.