Spring na inhoud

1 MEI 2018
RUSLAND

Appèlverhoor om te keer dat die eiendom van die takkantoor in Rusland gekonfiskeer word

Appèlverhoor om te keer dat die eiendom van die takkantoor in Rusland gekonfiskeer word

Ons appèlsaak sal op Donderdag 3 Mei 2018 om 11:30 in die Stadshof van Sint Petersburg verhoor word teen die beslissing wat in Desember 2017 gelewer is en wat die owerheid toelaat om ons voormalige takfasiliteite in Rusland in besit te neem. As ons die appèlsaak verloor, kan die Staat die kompleks wat uit 14 geboue bestaan, onmiddellik wegvat.