Spring na inhoud

16 FEBRUARIE 2018
RUSLAND

Oriol-hof begin met saak van Dennis Christensen

Oriol-hof begin met saak van Dennis Christensen

’n Voorlopige verhoor oor die saak van Dennis Christensen sal op 19 Februarie 2018 begin. Mnr. Christensen, ’n Deense burger en een van Jehovah se Getuies, is sedert sy inhegtenisneming in Mei 2017 in Oriol, Rusland, in aanhouding gehou.

Op 31 Januarie 2018 het die verteenwoordiger van die aanklaer van die Oriol-streek ’n aanklag van 76 bladsye teen mnr. Christensen ingedien. Die aanklaer het hom aangekla onder Artikel 282.2(1) van die Strafwet van die Russiese Federasie — die organisering van die bedrywigheid van ’n godsdiensorganisasie wat ekstremisties verklaar is. Die maksimumvonnis vir hierdie misdaad is tien jaar tronkstraf.

Mnr. Christensen is nie skuldig aan ’n misdaad nie. Hy is gearresteer terwyl hy ’n vreedsame godsdiensvergadering saam met sy vrou en mede-aanbidders bygewoon het. Die verhoor sal 14:30 op 19 Februarie 2018 by die Zjeleznodorozjni-streekhof in Oriol begin.