Spring na inhoud

3 APRIL 2017
RUSLAND

Op video: Deskundiges reageer op die dreigement om Jehovah se Getuies in Rusland te verban

Op video: Deskundiges reageer op die dreigement om Jehovah se Getuies in Rusland te verban

Op 5 April 2017 het die saak in die Hooggeregshof van die Russiese Federasie begin om te beslis of die bedrywighede van al die regsentiteite van Jehovah se Getuies regoor Rusland verban en gelikwideer moet word. ’n Beslissing teen die Getuies sal veroorsaak dat hulle aanbidding ’n kriminele oortreding sal wees. Deskundiges op die gebied van menseregte van regoor die wêreld lewer kommentaar oor die onregverdige optrede deur die Russiese regering. Hulle verduidelik ook hoe ’n verbod op Jehovah se Getuies nie net ’n uitwerking op die Getuies sal hê nie, maar ook op Rusland se internasionale reputasie en op die godsdiensvryheid van al sy burgers.

  • Heiner Bielefeldt: “As Jehovah se Getuies ekstremiste is, dan dink ek ons almal is.”

    Voormalige Spesiale Referent van die VN in verband met vryheid van godsdiens of oortuiging

  • Richard Clayton, QC: “Dit is ’n skokkende voorbeeld van ’n swak wet wat verkeerd toegepas word.”

    Regsgeleerde op die gebied van Internasionale Menseregte en VK-verteenwoordiger by die Venesiese Kommissie

  • Dr. Massimo Introvigne: “Die enigste verband tussen Jehovah se Getuies en geweld is dat hulle slagoffers van geweld is.”

    Sosioloog en voormalige verteenwoordiger van die OVSE oor die stryd teen rassisme, xenofobie en diskriminasie

  • Annika Hvithamar: ‘As Jehovah se Getuies ekstremisties is, dan kan die meeste Christelike godsdienste ook daarvan beskuldig word.’

    Medeprofessor/Navorsingshoof, Departement van Interkulturele en Streeksnavorsing, Universiteit van Kopenhagen

  • Ljoedmila Aleksejewa: “Dit is nie net ’n fout nie—ek dink dit is misdaad.”

    Voorsitter van die Moskou-Helsinki-groep, lid van die Russiese Presidensiële Raad vir die Gemeenskap en Menseregte

  • Anatoli Wasiljewitsj Ptsjelintsef: “Kom ons staan op vir Jehovah se Getuies!”

    Hoofredakteur van die tydskrif “Religion and Law”

  • Wladimir Wasiljewitsj Riachofski: “Dit het nog altyd by Jehovah se Getuies begin, en later het dit almal geraak.”

    Lid van die Presidensiële Raad vir die Gemeenskap en Menseregte

  • Maksim Sjeftsjenko: “Hierdie saak skend basiese beginsels van gewetensvryheid.”

    President van die Sentrum vir Strategiese Navorsing oor Godsdiens en die Politiek van die Moderne Wêreld

  • Dr. Hubert Seiwert: ‘Alles waarvan Jehovah se Getuies beskuldig is in die verskeie verhore, was ongegrond.’

    Professor by die Instituut van Godsdiensnavorsing by die Universiteit van Leipzig

  • Mercedes Murillo Muñoz: “Die Staat het baie vertroue in hierdie godsdiens.”

    Professor van Kerkreg by die Universiteit van koning Juan Carlos (Spanje)

  • Consuelo Madrigal: “Ek dink nie dat [Jehovah se Getuies] enigsins gevaarlik is nie.”

    Regsgeleerde en voormalige Prokureur-generaal van Spanje