Spring na inhoud

3 JUNIE 2015
RUSLAND

Die Departement van Justisie registreer Jehovah se Getuies in Moskou

Die Departement van Justisie registreer Jehovah se Getuies in Moskou

Op 27 Mei 2015 het die Russiese Federasie se Departement van Justisie die Plaaslike Godsdiensorganisasie van Jehovah se Getuies in Moskou geregistreer. Die registrasie het plaasgevind byna vyf jaar nadat die Europese Hof van Menseregte (EHMR) bepaal het dat die beslissing van ’n hof in Moskou om die Getuies se regsentiteit te likwideer, onwettig was.

Ná jare se regsgedinge het die Golowinski-distrikshof van Moskou in 2004 beslis dat die Getuies se regsentiteit gelikwideer moet word. In 2010 het die EHMR Rusland beveel om die skending reg te stel deur die godsdiensgemeenskap weer te registreer en morele skadevergoeding te betaal. Die Russiese regering het die boete betaal, maar eers nou die godsdiensgemeenskap geregistreer.