Spring na inhoud

8 MAART 2017
RUSLAND

Jehovah se Getuies in Rusland dalk binnekort verban?

Jehovah se Getuies in Rusland dalk binnekort verban?

Op 21 Februarie 2017 het die Russiese Federasie se Departement van Justisie ’n nuwe opdrag aan die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland uitgereik. Die Departement dring nou daarop aan dat die Administratiewe Sentrum aan hulle inligting verskaf oor al 2 277 gemeentes van Jehovah se Getuies in Rusland.

Die Departement van Justisie het hierdie opdrag gegee terwyl hulle besig was met ’n inspeksie van die Administratiewe Sentrum. Die inspeksie is gedoen in opdrag van die Hoofaanklaer se kantoor. Gedurende die inspeksie het die owerheid net gekonsentreer op die regsentiteite wat deur die Getuies gebruik word. Hierdie entiteite sluit die Administratiewe Sentrum in sowel as die plaaslike godsdiensorganisasies (LRO). Die gemeentes maak gebruik van die LRO’s sodat hulle die eiendomme waar hulle godsdiensvergaderinge gehou word, wetlik kan besit. Op 27 Februarie 2017 het die Departement van Justisie hulle inspeksie voltooi. In hulle verslag het hulle beweer dat die Administratiewe Sentrum die wet oortree het en by “ekstremistiese bedrywighede” betrokke is.

Jehovah se Getuies wêreldwyd is baie bekommerd oor hulle medegelowiges in Rusland. Met hierdie tweede opdrag is die Departement van Justisie se aandag gevestig op die gemeentes van Jehovah se Getuies. Op grond van die owerheid se optrede verwag die Getuies dat die Hoofaanklaer nie net al die regsentiteite van Jehovah se Getuies in Rusland gaan ontbind nie, maar ook dat Jehovah se Getuies regdeur die Russies Federasie verban gaan word.