Spring na inhoud

3 MEI 2018
RUSLAND

Getuies verloor appèlsaak wat die Russiese owerheid toelaat om die takkantoor se eiendom in besit te neem

Getuies verloor appèlsaak wat die Russiese owerheid toelaat om die takkantoor se eiendom in besit te neem

Op Donderdag 3 Mei 2018 het die stadshof van St. Petersburg die oorspronklike beslissing van Desember 2017 bevestig. Hierdie beslissing laat die owerheid toe om ons takkantoor in Solnetsjnoje, Rusland, onmiddellik af te neem.

Alhoewel ons nie kan keer dat Rusland die eiendom afneem nie, is vandag se beslissing deel van ’n aansoek wat alreeds deur die Europese Hof van Menseregte (EHMR) oorweeg word. Die EHMR het die Russiese regering in kennis gestel dat ons aansoek op die oomblik as ’n prioriteit beskou word.

Ons hou aan hoop dat Jehovah, die God van alle geregtigheid, dinge op sy tyd sal regstel. — Jesaja 30:18.