Spring na inhoud

31 OKTOBER 2013
RUSLAND

Groot Kamer van die Europese Hof weier om beslissing teen Rusland te hersien

Groot Kamer van die Europese Hof weier om beslissing teen Rusland te hersien

Op Maandag 7 Oktober 2013 het die Groot Kamer van die Europese Hof van Menseregte Rusland se versoek verwerp om die Hof se beslissing van 6 Junie te hersien in ’n saak in verband met Jehovah se Getuies. Die Hof het Rusland skuldig bevind aan ’n skending van privaatheidsregte en die regering beveel om aan me. V. Zjoekowa en me. Y. Awilkina 5 000 euro (meer as R65 000) skadevergoeding elk te betaal. In hierdie geval het Russiese amptenare die private mediese rekords van hierdie individue sonder hulle toestemming van die hospitaal verkry. Rusland het versoek dat die saak verwys word na die Hof se Groot Kamer, wat die gesag het om die saak te heroorweeg. Maar die Hof het Rusland se versoek verwerp. Die beslissing van 6 Junie is nou finaal, en gevolglik staan Rusland onder verpligting om in sulke omstandighede privaatheidsregte te respekteer en die skadevergoeding waarop die Hof besluit het, te betaal.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J. R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Rusland: Grigory Martynov, tel. +7 812 702 2691

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000