Spring na inhoud

6 APRIL 2017
RUSLAND

Saak teen Jehovah se Getuies gaan voort in die Russiese Hooggeregshof

Saak teen Jehovah se Getuies gaan voort in die Russiese Hooggeregshof

Die saak waarin die Departement van Justisie aansoek gedoen het om die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland te likwideer, het vir ’n tweede dag voortgegaan in die Hooggeregshof van die Russiese Federasie. Aan die einde van die dag is die saak uitgestel tot Vrydag 7 April 2017.

David A. Semonian, ’n woordvoerder vir die Getuies se wêreldhoofkwartier in New York, sê: “In die hof vandag was dit duidelik dat die Departement van Justisie geen grondige redes het vir hulle aansoek teen ons organisasie nie.” Hy voeg by: “Die Departement van Justisie het vandag ook amptelik erken dat Jehovah se Getuies, as hulle verban word, krimineel vervolg kan word selfs as hulle net vir gebed bymekaarkom. Ons hoop dat die Hooggeregshof reg en geregtigheid sal handhaaf en sal voorkom dat ons basiese menseregte geskend word.”

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Rusland: Yaroslav Sivulskiy, +7-812-702-2691

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000