Spring na inhoud

23 NOVEMBER 2017
RUSLAND

Russiese hof verhoor appèlsaak oor beslissing dat die Bybel “ekstremisties” is

Russiese hof verhoor appèlsaak oor beslissing dat die Bybel “ekstremisties” is

Op 6 Desember 2017 het die Leningrad-streekhof die Getuies se appèlaansoek verhoor. Dit volg op die laerhof se beslissing om die Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif in die Russiese taal te verban.

In Augustus 2017 het die stadshof in Vyborg die staatsaanklaer se redenasie aanvaar dat die Nuwe Wêreld-vertaling nie ’n Bybel is nie omdat dit God se persoonlike naam, wat deur die Tetragrammaton voorgestel word, as “Jehovah” weergee. Maar dit is net ’n poging om die Wet op die Teëwerking van Ekstremistiese Bedrywighede te omseil. Volgens hierdie wet mag heilige geskrifte nie as ekstremisties verklaar word nie.

Jehovah se Getuies, uitgewers van die Nuwe Wêreld-vertaling in Russies, het die stadshof in Vyborg se besluit om hierdie Bybel as ’n “ekstremistiese” publikasie te verklaar, ten sterkste veroordeel. Die Nuwe Wêreld-vertaling is in sy geheel of gedeeltelik in 161 tale vrygestel. Die vertaling word gerespekteer, is akkuraat en is maklik om te lees. Meer as 200 miljoen kopieë is al uitgegee.