Spring na inhoud

27 DESEMBER 2018
RUSLAND

Russiese hof verklaar 70-jarige Arkadja Akopjan skuldig

Russiese hof verklaar 70-jarige Arkadja Akopjan skuldig

Op Donderdag 27 Desember het regter Oleg Golowasjko ’n beslissing gelewer in die hofsaak teen broer Arkadja Akopjan in die Prohladni-streekhof. Die hof het beslis dat broer Akopjan, ’n 70-jarige afgetrede kleremaker, 120 uur gemeenskapsdiens moet doen. Die hof het hierdie beslissing gelewer omdat hulle beweer dat broer Akopjan mense wat nie Getuies is nie, gevra het om ekstremistiese lektuur te versprei. Dit is ’n belaglike beskuldiging.

Hoewel broer Akopjan nie tot tronkstraf gevonnis is nie, is hierdie beslissing ’n ernstige skending van menseregte. Daarom sal die saak na ’n hoër hof geappelleer word.

In die komende weke verwag ons ’n beslissing in Dennis Christensen se hofsaak. Ons bid dat Jehovah sal aanhou om ons broers en susters in Rusland te ondersteun wat in die tronk is omdat hulle Jehovah dien. – 2 Tessalonisense 2:16, 17.