23 FEBRUARIE 2018
RUSLAND
Oriol-hof verleng aanhouding van Dennis Christensen
Op 22 Februarie 2018 het regter Aleksei Roednef van die Zjeleznodorozjni-streekhof in Oriol beslis dat Dennis Christensen in aanhouding moet bly tot 1 Augustus 2018. Mnr.Christensen word daarvan aangekla dat hy die bedrywighede van ’n godsdiensorganisasie wat ekstremisties verklaar is, organiseer. Hy is gearresteer terwyl hy by ’n Christelike godsdiensvergadering was toe die polisie in Mei 2017 ingestorm het en die plek deursoek het.
Die voorlopige verhoor het op 19 Februarie begin, en die regter het toe nie sy beslissing gegee oor die mosies wat deur albei partye ingedien is nie. Maar by die verhoor op 22 Februarie het die regter alle mosies verwerp wat deur mnr. Christensen se prokureurs ingedien is. Hy het ook beslis dat mnr. Christensen langer in aanhouding moet bly. Die kriminele verhoor sal op 26 Februarie om 14:30 begin.
Jehovah se Getuies regoor die wêreld is bekommerd oor mnr. Christensen en bid dat sy vrou, Irina, sonder die ondersteuning van haar man sal volhard. Hy is alreeds nege maande lank in aanhouding.