Spring na inhoud

16 JANUARIE 2017
RUSLAND

Russiese appèlhof verwerp Getuies se saak teen waarskuwing

Russiese appèlhof verwerp Getuies se saak teen waarskuwing

Op 16 Januarie 2017 het die Stadshof in Moskou die Getuies se appèlsaak verwerp. Die Getuies het die wetlikheid bevraagteken van die waarskuwing wat die hoofaanklaer teen hulle nasionale hoofkwartier uitgereik het. Die paneel wat uit drie regters bestaan het, het al die argumente van die Getuies se regsgeleerdes verwerp en hulle beslissing ná net 10 minute gelewer. Hierdie beslissing handhaaf die beslissing wat op 12 Oktober 2016 deur die Twerskoi-distrikshof ten gunste van die hoofaanklaer se kantoor gelewer is. Die waarskuwing wat op 2 Maart 2016 uitgereik is, is nou van krag. Maar dit is nog steeds nie duidelik wat die gevolge van die waarskuwing sal wees vir die Getuies se godsdiensvryheid in Rusland nie.