Spring na inhoud

16 JULIE 2014
RUSLAND

Russiese hof moet uitspraak lewer: Jehovah se Getuies kan weens hulle geloof skuldig bevind word as misdadigers

Russiese hof moet uitspraak lewer: Jehovah se Getuies kan weens hulle geloof skuldig bevind word as misdadigers

Op 28 Julie 2014 sal die Stadshof van Taganrog uitspraak lewer in die 15 maande lange strafsaak teen 16 Getuies van Jehovah. Die Getuies word strafregterlik vervolg deur die owerheid in Taganrog omdat hulle godsdiensvergaderinge organiseer en bywoon en ander van hulle geloof vertel—bedrywighede waaraan Jehovah se Getuies regoor die wêreld deelneem. As die Getuies in Taganrog skuldig bevind word, sal dit ’n presedent skep waarvolgens owerhede dwarsoor Rusland Jehovah se Getuies strafregterlik kan vervolg weens hulle godsdiensbedrywighede.

Mediaverteenwoordiger(s):

Internasionaal: J. R. Brown, Office of Public Information, tel. +1 718 560 5000

Rusland: Grigori Martinof, tel. +7 812 702 2691

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000