Spring na inhoud

Die groep broers wat Rusland besoek het van links na regs: Alberto Rovira (Spanje), Peter Hamadej (Slowakye), Andrejs Gevla (Letland), Tsjong Ho (Korea), Jaroslaf Siwoelski (Rusland), Johann Zimmermann (Oostenryk), Stefan Steiner (Switserland), Wasili Kalin (Rusland), Tommi Kauko (Finland), Mark Sanderson (Verenigde State), Robert Delahaije (Nederland), Marc Hansen (België), Paul Gillies (Verenigde Koninkryk), Lars-Erik Eriksson (Swede), Tommy Jensen (Denemarke), Jørgen Pedersen (Noorweë), Manfred Steffensdorfer (Duitsland), Teemu Konsti (Litaue), Babis Andreopoulos (Griekeland), Tambet Ernits (Estland), Jean-Claude Pons (Frankryk)

21 JULIE 2017
RUSLAND

’n Groep broers van regoor die wêreld wys dat hulle hulle mede-aanbidders in Rusland ondersteun by die appèlverhoor in die Hooggeregshof

’n Groep broers van regoor die wêreld wys dat hulle hulle mede-aanbidders in Rusland ondersteun by die appèlverhoor in die Hooggeregshof

NEW YORK—Om te wys dat Jehovah se Getuies regoor die wêreld hulle broers en susters in Rusland ondersteun, het die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies gereël dat ’n groep broers uit drie kontinente na Moskou gaan.

Toe die groep broers daar aankom, was hulle Russiese broers en susters baie bly om hulle te verwelkom. Party van hierdie broers en susters het van so ver as Siberië gekom om daar te wees. Die groep broers het die Russiese broers en susters daarvan verseker dat hulle baie bekommerd oor hulle is, en dat die wêreldwye broederskap ernstig vir hulle bid. Een van die broers in die groep het gesê: “Die moedige gesindheid van my Russiese broers het my diep geraak. Dit is veral so omdat die kanse maar skraal was dat die beslissing om die werk te verban, omgekeer sal word.”

Daar was ’n opregte gevoel van liefde en eenheid onder die broers in die hof ten spyte van die negatiewe beslissing deur die paneel van drie regters. Die broers was baie hartseer toe hulle hoor hoe daar in die openbaar oneer op Jehovah se naam gebring is. Hulle het besef dat daar nou moeilike tye voorlê vir die Getuies in Rusland. Die broers en susters in die hof het mekaar met liefde en waardigheid behandel en dit het bewys dat Getuies nie “ekstremisties” is soos die appèlregters beslis het nie.

Mark Sanderson, ’n lid van die Bestuursliggaam, het die leiding geneem onder die groep broers. Hy het die broers liefdevol aangemoedig om dapper en sterk te wees vir die dae wat voorlê. Toe die besoekende broers by die hof uitstap, het die plaaslike broers hulle omhels en vir hulle dankie gesê vir hulle ondersteuning op hierdie belangrike dag.

Die groep broers het ook 21 ambassades in Moskou besoek om akkurate inligting aan hulle te gee oor die negatiewe uitwerking van Rusland se aanval op Jehovah se Getuies. Hierdie inligting sluit gevalle in waar Getuies se huise aan die brand gesteek is, broers hulle werk verloor het, daar teen kinders by die skool gediskrimineer is en ’n hele paar ouermanne krimineel aangekla is omdat hulle Christelike vergaderinge gereël het, insluitende broer Dennis Christensen wat nog steeds aangehou word tot sy verhoor. Party ambassadeurs was hartseer toe hulle na ’n video van twee minute gekyk het wat hierdie gebeure opsom. Die vraag wat die meeste beamptes gevra het, was: ‘Hoekom Jehovah se Getuies?’ Ons broers het ’n kragtige getuienis gegee deur te verduidelik dat almal in ons organisasie neutraal bly wanneer dit kom by politiek en dat ons predikingswerk ’n positiewe uitwerking op die lewe van baie mense in Rusland het. Een ambassadeur het gesê: “Die Ortodokse Kerk hou nie daarvan dat julle vir hulle mense preek nie.” Meer as tien ambassades het verteenwoordigers na die hof gestuur, en hulle het vir die agt uur lange verhoor gebly.

Die groep broers se geloof was versterk toe hulle Rusland verlaat het. Hulle was ook doeltrefeaangemoedig deur hulle Russiese broers se vasbeslotenheid om lojaal te bly en om ’n goeie getuienis aan beamptes te gee.

Mediaverteenwoordigers:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000