Spring na inhoud

20 APRIL 2017
RUSLAND

Hooggeregshof van Rusland beslis teen Jehovah se Getuies

Hooggeregshof van Rusland beslis teen Jehovah se Getuies

NEW YORK—Na ’n verhoor van ses dae oor ’n tydperk van twee weke, het die Hooggeregshof van die Russiese Federasie uitspraak gelewer ten gunste van die klag wat deur die Departement van Justisie ingedien is. Volgens hierdie klag moet die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland asook die 395 plaaslike godsdiensorganisasies (LRO’s) wat deur die Getuies in Rusland gebruik word, gelikwideer word. Die beslissing tree onmiddellik in werking.

Jaroeslaf Siwoelski, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies in Rusland, sê: “Ons is baie teleurgesteld met hierdie ontwikkeling en baie bekommerd oor hoe dit ons godsdiensbedrywighede gaan beïnvloed. Ons sal hierdie beslissing appelleer en hoop dat ons wetlike regte en beskerming as ’n vreedsame godsdiensgroep so gou as moontlik ten volle herstel sal word.”

Jehovah se Getuies in Rusland het 30 dae om hulle appèl in te dien wat deur ’n paneel van drie regters oorweeg sal word.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Rusland: Yaroslav Sivulskiy, +7-911-087-8009

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000