19 APRIL 2017
RUSLAND
Dag vyf van saak in Russiese Hooggeregshof: Oorsig van Getuies se regsuitdagings oor afgelope tien jaar
NEW YORK—Op Woensdag 19 April 2017 het sowat 300 mense bymekaargekom vir die vyfde dag van die verhoor in die Hooggeregshof van die Russiese Federasie. Die verhoor is in verband met ’n aansoek wat die Departement van Justisie ingedien het om die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies te likwideer. Die aggressiewe optrede deur die Russiese regering teen die Getuies oor die afgelope tien jaar is uiteengesit in 43 lêers met dokumente wat as bewyse by die Hof ingedien is.
Gedurende die verhoor kon die regsverteenwoordigers van die Departement van Justisie nie ’n wettige rede gee waarom hulle die Administratiewe Sentrum wil likwideer nie. Hulle kon ook nie bewys dat die Administratiewe Sentrum of enige plaaslike godsdiensorganisasies (LRO’s) van Jehovah se Getuies in Rusland betrokke was by enige ekstremistiese optrede nie. Joeri Toporof, een van die regsgeleerdes vir die Administratiewe Sentrum, het aan die Hof gesê dat die bewyse in die saak toekennings en briewe van waardering insluit wat die Administratiewe Sentrum van die regering ontvang het. Dit bewys dat die regering voorheen erken het dat die Administratiewe Sentrum jare lank ’n positiewe bydra tot die gemeenskap gemaak het. Daar is ook gewys dat die LRO’s ’n goeie invloed op hulle onderskeie gemeenskappe gehad het. Die regsverteenwoordigers van die Departement van Justisie het ook erken dat daar baie gedokumenteerde bewyse is dat die Departement van Justisie al sedert 2008 inspeksies gedoen het van die Getuies se LRO’s in Rusland. Daar is egter geen bewyse gevind dat die LRO’s by enige ekstremistiese bedrywighede betrokke was nie.
Die saak is op 20 April 2017 voortgesit.
Mediaverteenwoordigers:
Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Rusland: Yaroslav Sivulskiy, +7-911-087-8009
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000