Spring na inhoud

11 NOVEMBER 2014
RUSLAND

Die Hooggeregshof van die Russiese Federasie sal die verhoor oor die likwidasie van die Getuies se plaaslike godsdiensorganisasie in Samara hervat

Die Hooggeregshof van die Russiese Federasie sal die verhoor oor die likwidasie van die Getuies se plaaslike godsdiensorganisasie in Samara hervat

Die Hooggeregshof van die Russiese Federasie het besluit om die verhoor oor die likwidasie van die plaaslike organisasie van Jehovah se Getuies in Samara op 12 November 2014 te hervat. Die verhoor het meer as ’n maand gelede,op 8 Oktober, begin. Lede van die media en van buitelandse ambassades, regsverteenwoordigers en mede-Getuies het die groot saal gevul wat die Hof goedgunstiglik voorsien het. Ná ’n paar standaardprosedures het die Hof die verhoor uitgestel.

Wasili Kalin, ’n verteenwoordiger van die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland, het gesê: “Ons hoop dat die geëerde Hooggeregshof van Rusland in hierdie saak reg sal laat geskied en die grondwetlike waardes van die demokratiese gemeenskap sal handhaaf deur die aanklaer se aantyging te verwerp.” Jehovah se Getuies hoop dat die Hof die reg op godsdiensvryheid soos gewaarborg deur die Russiese Grondwet, sal beskerm.