7 APRIL 2017
RUSLAND
Jehovah se Getuies lewer bewyse op derde dag van saak in Russiese Hooggeregshof
NEW YORK—Die derde dag van die verhoor in die Russiese Hooggeregshof het tot ’n einde gekom, en die Hof het die saak tot Woensdag 12 April 2017 uitgestel. Gedurende vandag se verhoor het die Hof geluister na vier Getuies van Jehovah wat belangrike bewyse gelewer het teen die Departement van Justisie se aansoek om die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies te likwideer en hulle bedrywighede te verban.
Die regter het baie vrae aan die Departement van Justisie gerig, en hulle gevra om bewyse te gee in verband met hulle beskuldiging dat Jehovah se Getuies ekstremiste is en ekstremistiese publikasies versprei. Die Departement van Justisie kon dit nie doen nie. Wasili Kalin, ’n lid van die presiderende komitee van die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland, het voor die Hof gesê: “Ek wil julle, die Departement van Justisie, daaraan herinner dat julle aansoek om Jehovah se Getuies te verban, die einste mense wat julle ’n vreedsame en gelukkige lewe toewens, sal benadeel.”
Mediaverteenwoordigers:
Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000
Rusland: Yaroslav Sivulskiy, +7-911-087-8009
Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000