Spring na inhoud

7 APRIL 2016
RUSLAND

Owerhede dreig om die Getuies se nasionale hoofkwartier in Rusland te likwideer

Owerhede dreig om die Getuies se nasionale hoofkwartier in Rusland te likwideer

Die Hoofaanklaer se Kantoor van die Russiese Federasie het ’n amptelike waarskuwing uitgestuur na die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland omdat hulle godsdiensbedrywighede georganiseer het—dieselfde vreedsame bedrywighede waaraan Getuies regoor die wêreld deelneem. Die waarskuwing van 2 Maart 2016 en wat geteken is deur die verteenwoordiger van die hoofaanklaer, V. Ja. Grin, beskryf die aanbidding van Jehovah se Getuies as “ekstremistiese bedrywighede” en beveel die Sentrum om alle “skendings” binne twee maande reg te stel om likwidasie te voorkom.

Hierdie aanval op die Getuies se nasionale hoofkwartier is die gevolg van ’n aggressiewe kampanje wat deur die regering ondersteun word. Sedert 2007 het Russiese owerhede wetgewing oor ekstremisme verkeerdelik op Jehovah se Getuies se aanbidding toegepas en verskeie van hulle plaaslike godsdienstige regsentiteite gelikwideer en ’n verbod op talle godsdienspublikasies geplaas.