Spring na inhoud

12 APRIL 2017
RUSLAND

Nog argumente word gelewer op dag vier van saak in Russiese Hooggeregshof

Nog argumente word gelewer op dag vier van saak in Russiese Hooggeregshof

NEW YORK—Die saak waarin die Departement van Justisie aansoek doen om die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies in Rusland te likwideer, het vir ’n vierde dag voortgegaan in die Hooggeregshof van die Russiese Federasie. Daar was baie mense in die Hof, en laat die middag is die saak tot Woensdag 19 April 2017 uitgestel.

Die regsgeleerdes van Jehovah se Getuies het begin met argumente om die Administratiewe Sentrum te verdedig. Daarna het die regsgeleerdes van die Departement van Justisie ’n kans gekry om Jehovah se Getuies te ondervra. Die regter het gereageer op die bewyse van die Getuies se regsgeleerdes deur die Departement van Justisie te vra om die spesifieke wetlike redes te gee waarom hulle wil hê dat die Administratiewe Sentrum van Jehovah se Getuies gelikwideer moet word. Die Departement van Justisie se regsgeleerdes kon nie die redes gee waarvoor die regter gevra het nie, en hulle kon ook nie sy ander vrae beantwoord nie. Voordat die hof verdaag is, het albei partye getuienis gelewer.

Daar word verwag dat die hof volgende week sal begin om al die bewyse in die saak te hersien.

Mediaverteenwoordigers:

Internasionaal: David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Rusland: Yaroslav Sivulskiy, +7-911-087-8009

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000