15 SEPTEMBER 2015
RUSLAND
Die herverhoor van Jehovah se Getuies in Taganrog—Wanneer sal die onreg ophou?
Die herverhoor van 16 van Jehovah se Getuies in Taganrog is amper verby. Die Getuies verskyn al vir meer as twee jaar in die hof. Hulle word as misdadigers beskou bloot omdat hulle hulle geloof beoefen. Party van hulle kan tronk toe gestuur word en swaar boetes opgelê word. Watter uitwerking het die uitgerekte hofsake op die Getuies gehad? Wat kan gebeur as hulle skuldig bevind word?