Spring na inhoud

13 APRIL 2016
RUSLAND

Onlangse verhoor teiken Getuies in Rusland

Onlangse verhoor teiken Getuies in Rusland
  • Taganrog, Rostof-streek. Op 17 Maart 2016 het die Streekhof in Rostof die hof se beslissing gehandhaaf om 16 Getuies weens hulle aanbidding skuldig te verklaar, maar hulle het die boetes van 12 beskuldigdes verminder na 10 000 roebels (R2 118). Die presiese gevolge van die opgeskorte tronkvonnisse en die boetes is nog nie bekend nie.

  • Aanklaer wil die Bybel as “ekstremisties” verklaar. Die aanklaer van vervoer vir Leningrad-Finljandskiy het ’n klag ingedien om die New World Translation of the Holy Scriptures, wat deur Jehovah se Getuies uitgegee word, as “ekstremisties” te verklaar. Dit is ’n direkte skending van Artikel 3-1 van die Federale Wet op die Teëwerking van Ekstremistiese Bedrywighede, wat verbied dat die wetgewing op die Bybel toegepas word. Al is die New World Translation ongetwyfeld ’n Bybel, het die aanklaer sy optrede geregverdig deur te beweer dat slegs vertalings wat volgens die “heilige tradisies” van die Russies-Ortodokse Kerk uitgegee is, as Bybels kwalifiseer. Die Stadshof in Vyborg het die volgende verhoor vir 26 April 2016 geskeduleer.