Spring na inhoud

21 JUNIE 2017
RUSLAND

Video wys hoe Russiese owerheid vreedsame godsdiensvergadering onderbreek

Video wys hoe Russiese owerheid vreedsame godsdiensvergadering onderbreek

NEW YORK—’n Onlangse video op glavny.tv, deur ’n nuusagentskap in die Sentraal Federale Streek van Rusland, wys hoe gewapende Russiese polisiebeamptes en agente van die Federale Veiligheidsdiens (FSB) op 25 Mei 2017 ’n vreedsame godsdiensvergadering van Jehovah se Getuies in Oriol, Rusland, onderbreek.

Op 25 Mei 2017 onderbreek gewapende beamptes van die Russiese owerheid ’n vreedsame godsdiensvergadering van Jehovah se Getuies in Oriol, Rusland.

Dennis Christensen, ’n Deense burger, kan gesien word op die video waar hy kalm is terwyl hy met die owerhede praat. Hy is in hegtenis geneem en is nog steeds in aanhouding terwyl hy wag vir sy verhoor om te begin.

Dennis Christensen, ’n Deense burger en ’n ouer man in die gemeente, praat met die beamptes. Hy word sedert 25 Mei 2017 deur die FSB aangehou.

David A. Semonian, ’n woordvoerder vir Jehovah se Getuies by hulle wêreldhoofkwartier, sê: “Hierdie video wys duidelik dat Jehovah se Getuies hulle op ’n vreedsame manier gedra, selfs wanneer die owerheid vrees en dreigemente gebruik om hulle Bybelbesprekings te onderbreek. Hierdie skokkende skending van godsdiensvryheid sal aanhou tensy die Russiese Hooggeregshof sy onregverdige beslissing teen Jehovah se Getuies herroep. Ons is ook baie bekommerd oor ons mede-gelowige Dennis Christensen. Die owerheid weier dat sy vrou hom besoek of bel. Ons hoop dat hy binnekort vrygelaat sal word.”

Mediaverteenwoordiger:

David A. Semonian, Office of Public Information, +1-845-524-3000

Suid-Afrika: Mzamo Goloda, +27 11-761-1000